Kekkelbek Maart & April 2016

 

Embed or link this publication

Description

Kekkelbek Maart & April 2016

Popular Pages


p. 1

Nuusbrief Jaargang 36Uitgawe 5 Maart / April 2016 Reddings Maand

[close]

p. 2

TWEE 2 3 4 567 8 9 10 11 12 13 14 15 16 Inhoud en Redaksie Voorsitter Skrywe Gedagte vir die Maand Lees stof vir die siel Sionbergh Kamp Presidente Kamp Verjaarsdae & Huweliks herdenkings Kekkel laggies Wenke & Tegniese raad Kamp Kos Nuwe oord bekendstelling Kampe 2015 - 2016 Lief & Leed & Afsluiting Goeie more geagte lesers Ons lede gaan deur baie moeilike tye, ons het almal se gebede en liefde nodig. Gedagtes om oor te mediteer; • Jesus het aan die kruis vir ons sondes gesterf sodat ons lewe in oorvloed kan hê. * Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk geword. * God gebruik mense soos ek en jy om die liggaam van Christus op te bou. * Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe. * Dien met liefde * Laat jou lig vir die wêreld skyn, sodat jou Vader verheerlik kan word. Ek staan in vir Reinette terwyl sy behandeling kry. Stuur asb alle navrae aan my (epos bly dieselfde: sekretaresse.vaalrivier@hotmail.co.za) my kontak nommers is 016.362.0017 (werk) of 079 982 1813 (sel). As daar enige brokkies nuus is; nuwe babas, huwelike, siekte of afsterwe was, laat weet my asb so spoedig moontlik. Groete Carine

[close]

p. 3

DRIE Goeie dag my mede Vaalrivier lede. Ek sê vir Carine, ek kan nie glo ons AJV kamp is oor 5 kampe nie. Ons is skaars klaar met die Presidente se reelings en uitvoer daarvan, dan begin ons al weer met besprekings oor die AJV. So gepraat van die Presidente, ek wil al ons lede bedank, veral Francois Kloppers wat betrokke was met ons ontbytbroodtjie stalletjie. Ons gees was goed en almal wat ingespring het, het die werklas baie lig gemaak. Die opbrengs was heelwat beter as verlede jaar se spookhuis en met heelwat minder moeite. As daar nie so groot verskeidenheid kos beskikbaar was nie, sou ons verseker alles uitverkoop het. Wat ons wel opgelet het, was die groot tekort aan nagereg; ons sal dit verseker oorweeg vir volgende jaar. Andersins was Klipdraai weereens ‘n plesier om by te kamp. Saam vriende en familie maak dit net al hoe meer onvergeetlik. En, met ons entoesiatiese Vaalrivier bestuurspan, hoop ons om weer nuwe idees en energie in ons volgende Presidente saamtrek te pomp. Een kamp terug na Sionbergh, wat ‘n aangename ondervinding, veral na die vorige geleentheid toe ons ‘ paar voorvalle met oom Isak gehad het. ‘n Paar van ons Vaalrivier lede het saam Jannie Meyer en Elandsrand ‘n speletjie gespeel wat ons graag binnekort met een van ons kampe wil speel. Ons het daar besluit onder mekaar dat ons elke Saterdagaand saam moet braai sodat ons meer saam kan kuier. Ek wil almal uitnooi om ons te help hiermee deur ons te herinner en om betrokke te raak. Als gaan baie goed in ons streek, ons kampe is interessant en ons lede is oor die algemeen opgewonde om mekaar elke keer te sien. Ek is bevoorreg om aan die stuur van my span te dien; ons vergaderings verloop goed en ons almal werk ywerig saam. Ons lede tal bly relatief stabiel soos lede ontrek oor meestal finansiele of tyd gebonde redes, terwyl nuwes wees aansluit. Ons kas is gesong, alhoewel ons reeds ‘n fondsinsameling oorweeg om sodoende meer te kan aanbied met ons AJV wat voorlê. Ons moes met kort kennisgewing ons volgende kamp skuif van Amigo’s na Emanzini Oord soos vroëer deurgegee is. Kom kamp saam ons en geniet die ontspanning en ontlading. Hou asseblief ons siek lede in jul gebede, en help waar en wanneer jy kan. Sawa Groete Marcel

[close]

p. 4

VIER God ons rotsvesting in onhanteerbare sitsuasies 6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting! 7 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. 8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God. Psalm 62: 6-8 Jesaja 42:16 En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie. Rotse beindruk my nogal. Dink maar aan die aangrypende skoonheid van die Blyderivier omgewing, die Drakensberge en Tafelberg. Die rotse is altyd aangrypend, verskeie formasies, sommiges netjies op mekaar gestapel. Dis asof „n hemelse hyskraan die rotse met vernuf elkeen op sy plekkie neergesit het. God se orde en netheid is presies. Ons hemelse Tuinier het „n indrukwekkende werk gedoen, elke stukkie natuur mooi uitgedink en geposissioneer om maksimaal te beindruk. God is ons onbeweeglike Rots, Hy is standvastig en betroubaar. By Hom kan „n mens skuil. Hy stel nie teleur nie. Hy is op die troon en stewig in beheer. Dis die Rots wat vir ons gebreek is sê die bekende lied: “Jesus Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan.” Staan vas op die Rots, Hy is en was en sal altyd daar vir jou en my wees. Wanneer jy nie self jou situasie kan beheer nie, veroorsaak dit erge spanning. Maar jy moet een ding verstaan: Omdat ons in „n sondige, feilbare wêreld leef, gaan dit beslis nie elke dag met jou goed gaan nie. Jy is vir seker nie altyd in beheer van jou omstandighede nie, maar God is wel. “ Hy heers vir ewig deur Sy mag,” PS 66:7. Die belofte is ook vir jou om aan vas te hou in tye van spanning. Niks kan met jou gebeur waarvan God nie weet nie en waarvoor Hy nie oplossings het nie. Daar kan dus tye kom wanneer jy moet erken dat daar absoluut niks is wat jy aan „n spesi fieke situasie kan doen nie. Dit is dan dat jy alles aan God moet oorgee, en Hom vra om oor te neem. Bronne: Maroela Media Stilte tyd en Toekoms venster, Jy is myne deur Nina Smit, God fluister jou naam deur Cherie Hill

[close]

p. 5

VYF Ingestuur deur Zandry van Rooyen Dit was Paasnaweek, maar ek het ’n storie oor krismis. Ek kon eenvoudig net nie tot dan wag nie. Dit raak ’n mens diep in die hart: Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek ‘n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag. Verlede jaar, (2007) besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte. ‘n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien. Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles. “Nou waar was julle toe?” wou ek nuuskierig weet. “Noord-Kaap” sê Tert. “Ek het nie geweet dat julle familie daar het nie?” vis ek vêrder uit. “Nie gehad nie, maar nou het ons.” “Nou maar hoe werk dit?” hou ek vol. “Jy’t ook geen einde nie. Sal nou aanhou karring en karring tot jy jou storie het,” sê Tert. “Maar jy weet mos. Ek dood oor ‘n storie.” “Nou maar fyn. Sit terug en luister.” Ek is kinderlik bly oor die vooruitsig van ‘n storie. “Toe ek en Lien hier weg is, het ons regtig nie ‘n idéé gehad oor waarheen ons nou eintlik wou gaan nie. Ons het gestop om by Jasmyn ontbyt te eet toe Lien sê sy wil Laeveld toe. Maar ek het gesê nee, daar is óók teveel mense. Ek soek stilte.” “’Nou maar dan moet jy woestyn toe,’ sê sy half oprukkerig. ‘Die kans is goed dat dit net ek en jy sal wees’, en sy skud haar hare. As sy so maak moet ek weet: sy is nou krapperig.’” “Ek het haar aangekyk. ‘Jy is geniaal, weet jy?’ sê ek vir haar.” ‘Ek weet’ kom dit selfvoldaan. Haar stemming het verbeter.” ‘Nou waar sal ons dan heengaan?’ wou sy weet.” “Nee, ek weet nie. Ons ry maar soos wat die stuurwiel draai en die pad ons vat.” “Na ontbyt klim ons weer in die wa en ek draai om. Rustenburg se kant toe. Op Lichtenburg draai ons toe weg, Vryburg se koers in. Daar het ons die aand geslaap. By die gastehuis op Vryburg, vertel iemand vir ons van die pad al op die Botswana grens langs, die Molopo in tot by Van Zylsrus. Dis ‘n tweespoorpad maar onbeskryflik mooi sê die man.” “Die volgende oggend na ontbyt gryp ons die pad. Later is ons van die teer af op ‘n grondpad. Die grondpad word toe wel later ‘n tweespoorpad, en dit was vreeslik mooi. Die mooiste Kameeldorings en af en toe ‘n koedoe of twee, drie, en selfs ‘n troppie gemsbokke. Deur plase en seker ‘n honderd hekke en iewers moes ek verkeerd afgedraai het, want toe raak die paadjie dowwer.” “Ons plan was om op Van Zylsrus te gaan slaap soos wat die ou op Vryburg vir ons beduie het, maar skielik het dit na ‘n bitter skrale moontlikheid gelyk. Ons was in ons kanon in verdwaal. Die son was besig om te sak, dit was Oukersdag, en ons was in die middel van nêrens, maar vreemd genoeg, dit was asof daar ‘n groot kalmte oor my gekom het. Ek het vir Lien gekyk.” ‘Dis lekker hier ’, sê sy toe. ‘Ons slaan ons tentjie sommer net hier op en ons slaap net hier in die veld onder die sterre. Hier is nou so min mense, dis wraggies net ons twee.’ Sy giggel avontuurlik.” “Ons klim uit die wa uit en Lien kom staan in my arms. ‘Kyk hoe mooi is die sonsondergang’ sê sy. Lank het ek so gestaan met haar kop teen my bors totdat die son agter die horison weggesak het. Om ons het die nag begin wakker word. Ons het nog so gestaan, toe ons ‘n vreemde geluid hoor. So ‘n klingel-klingel geluid. Terwyl ons nog rondgekyk het, het ‘n donkiekarretjie om die draai gekom.” ‘Ek sê vir die vrou ek moet loop kyk. Ek dink ek hoor iets,’ sê die oompie op die bankie toe die karretjie langs ons tot stilstand kom.” “Ek draai om en kyk na die oompie. Rateltaai en voos gebrand deur die son sit hy daar.” vervolg ….. /2

[close]

p. 6

‘Kom. Meneer-hulle kan nie hier in die vlak slaap nie. Die vrou het al klaar julle kamer reggemaak.’ Dis duidelik dat die oom nie nee vir SES ‘n antwoord gaan vat nie.” ‘Sal oom omgee as ek saam met oom ry? Ek het nog nooit op ‘n donkiekarrietjie gery nie,’ vra Lien opgewonde.” ‘Alte seker Mevrou. Wag ek help vir Mevrou,’ sê die oom en help vir Lien tot op die bankie. Stadig kruie ons met die slingerpaadjie aan tot by die huisie. Lien waai vir my van die bankie af. Sy is so opgewonde soos ‘n skoolkind.” “Die huisie is skoon en netjies op ‘n eenvoudige manier. Die tante kom op die stoep uit toe ons stilhou.” ‘Maar welkom hier by ons Hennerik vat die meneer-hulle se goed en sit dit in die spaarkamer kom nader die ketel kook al,’ sê die tante alles in een asem.” “ Toe ons in die kombuis instap, ruik ek die reuk van geurig gekookte kos, en van ‘n brandende paraffienlamp op die wit geskropte tafel.” ‘Kom ek wys vir Mevrou waar die badkamer is Mevrou wil seker eers bietjie hande en gesig was voor ek koffie skink.’ Weer alles in een asem.” “Ek help die oompie om ons bagasie kamer toe te dra. ‘Maar hoe is dit dat die tante die kamer so vinnig reggemaak het?’ wil ek by die oompie weet. ‘Nee, Meneer sien, die vrou maak elke jaar so ‘n week voor Kersfees al die kamer reg. Maar ek sal later vir Meneer die storie vertel. Kom was eers hande en dan gaan drink ons koffie.’ “Later, toe ons aan tafel sit, merk ek dat die tante nie net vir twee gekook het nie. Dit lyk asof sy ons verwag het. ‘Hoe is dit dan dat dit vir my lyk asof tante ons hier verwag het, vra ek nuuskierig.” ‘Maar natuurlik het ek mense verwag die Liewe Heer stuur elke jaar vir ons mense vir Kersfees Hy het nog nie een jaar oorgeslaan vandat die kinders hier weg is stad toe nie ek het Hom so gevra en Hy het so gedoen.’ Punte en kommas bestaan nie vir die tante nie.” ‘Hoe dan so, tante?’ wil ek weet.” ‘Nee meneer sien ons is eintlik afstammelinge van die Griekwas wat vroeër jare hier deurgetrek het en onse kinders het nooit die liefde vir die wêreld gehad soos ons dit het nie en jare terug het hulle besluit hulle is moeg vir die wêreld met sy hitte en droogtes en goed en op ‘n dag het hulle net besluit om weg te trek en tot nou toe het ons nog nie weer ‘n woord van hulle gehoor nie dis vanjaar al vyftien jaar dat hulle weg is.’ “Die tante skep asem. Die oom vat oor.” ‘Net voor die eerste Kersfees nadat die kinders hier weg is, sê ek vir die vrou, ek sê Ma, ek kan nie hierdie jaar Kersfees hou nie. Die kinders is weg en dis net ons twee en my hart is seer en sal net seerder word hier oor die Groot Dae. Wat gaan ons maak?’ ‘Sy sê toe, Hennerik, moenie daaroor wakker lê nie. Ek het reeds vir onse Hemelse Vader gevra om vir ons mense te stuur vir Kersfees. Môre gaan ek die spaarkamer begin regmaak en jy moet kom help.’ Dit was ‘n week voor Kersfees. Die volgende dag het die stof gestaan soos die vrou alles begin regmaak het, en ek het angstig gehoop dat die Vader vir haar gehoor het en dat sy nie teleurgestel sal wees nie.’ “Die tante val in. ‘Daardie eerste jaar het die mense gekom ook op Oukersdag net soos meneer-hulle ook geverdwaal ek het kant en klaar gekook gehad toe hulle hier aanland daar was ‘n kleintjie ook by ek was so bly Hennerik het gesê die Here het ons nie alleen gelos nie.’ “Die eenvoud, geloof, vertroue en die opregtheid van die mense het my aangegryp,” vertel Tert. “Nadat ons geëet het, het die oompie die dankgebed gedoen en toe strammerig opgestaan. ‘Sit julle net so. Ek gaan net die Bybel haal.’ “ Toe die oom terug kom, gee hy vir my die Bybel aan.” ‘Sal Meneer asseblief vir ons lees. Nie ek of die vrou het enige gelerendheid nie en al wanneer ons die Bybel uithaal is wanneer hier mense kom wat dan vir ons lees. Verder sê ek maar die stukkies op wat so met die jare saam in my kop vasgesteek het, of wat ek nog in die Sondagskool uit my kop moes geleer het. My Pa-hulle het ons nie skool toe kon stuur nie, maar ons moes elke Sondag kerk toe gaan en daarna was dit Sondagskool.’ “Ek maak die Bybel oop. ‘Wat moet ek vir oomhulle lees?’ ‘Lees vir ons asseblief die geboorte verhaal. Soos wat dit in Lukas staan.’ ‘Ja, asseblief,’ kom dit van die tante, ‘dis baie mooier daar as in die ander boeke van die Bybel.’ “ Terwyl ek rondblaai, ruik ek die reuk van mottegif. Hier en daar is ‘n foto’tjie tussen die blaaie gebêre. Ek begin lees.” “Die kombuis het amper ‘n heilige plek geword, ‘n katedraal. Ek lees van Maria en die Kind. Van die doeke en die krip. Van die herders en die wyse manne. Die stil toe ek die Boek toemaak.” vervolg …. / 3

[close]

p. 7

SEWE “Die oom sit met sy hande in eerbied gevou. Saggies begin die tante “Stille nag” te sing. Haar oumensstem is krakerig, maar vir ons het dit die klank van ‘n Nagtegaal gehad. Dis asof van iewers af die Engele saamgesing het. Die oom het met sy dreunstem ingeval met Lien kort na hom.” Ek het probeer, maar die knop in my keel was te groot. Ek kon net fluister. Ek het daar lief geword vir hierdie twee eenvoudige, maar opregte mense.” ‘Ek wens daar was iets wat ons vir die twee oues kon doen,’ sê ek later vir Lien toe ons in die bed lê.” ‘Hulle het alles wat hulle nodig het,’ sê Lien. Wêreldsgoed beteken vir hulle niks. As ons iets wil doen, moet ons bid en vra dat die Here hulle kinders sal laat terugkom.’” Daar langs die bed het ons toe gekniel en vir die Here gevra om tog ook aan die oumense se hartseer te dink en hulle kinders te laat terugkom. Met ‘n tevrede gemoed het ons die kers doodgeblaas en aan die slaap geraak.” “Die oumense was baie bly toe ons vra of ons ‘n paar dae langer kon bly. Ons kon eenvoudig nie genoeg van hulle gasvryheid kry nie. Hulle en ons het lang ente met die donkiekarretjie in die veld gery, en dit was veral vir Lien baie lekker. Dit het my laat besef hoe leeg ons lewens regtig geword het. As ons kuiermense kry, dan vat ons hulle na een of ander Mall of ‘n ding toe, maar hier is ‘n rit op ‘n donkiekar in die veld ‘n sielelafenis.” “Oujaarsdagmiddag, toe ons terugkom van die veld af, sien ons die vreemde kar onder die Kameeldoring staan.” ‘Haai kyk pa ons het nog mense gekry is dit nou nie vir jou wonderlik nie?’” “Dis toe die figuur om die hoek van die huis kom dat die oom die leisels styf pluk en sonder seremonie van die karretjie afklim. Die donkies het nog nie eers behoorlik stilgestaan nie, of die oom storm nader.” ‘Hennerik! Hennerikkie, my seun!’ Die oom huil.” ‘Pa!’ roep die man van die hoek af. ‘Pa!!’ Toe is hulle in mekaar se arms. Die pa en sy seun. Die tante kom ook by. ‘Hennerik …… Hennerikkiekie, is dit regtig jy?’ Die tante se vreugde ken geen perke nie. Hulle omhels mekaar.” ‘Wag Ma, Pa, hier is nog mense.’ Toe sien ons die ander mense wat om die hoek kom. ‘Freek!’ roep die oom. ‘Freek, ag my seun. Ek is so bly. Die Here is vir ons goed. En die ander? Wie is hulle?’ ‘Pa, Ma, ontmoet ons vrouens en julle kleinkinders.’” “Toe het daar voor ons oë ‘n ding gebeur wat in my geheue ingegraveer is en ek sal onthou tot die dag van my dood,” sê Tert. “Die oom sak daar op die warm Kalaharisand op sy knieë neer en bid ‘n dank- en lofgebed waarvan ek die gelyke nog nie gehoor het nie. Soos ‘n Abraham van ouds. Op sy knieë met sy hande na bo uitgestrek.” “Ek en Lien het na mekaar gekyk. Trane het in Lien se oë geblink. Ons het op heilige grond gestaan. Ons gebed is ook verhoor. Die Here het vir ons gegee presíés soos ons dit van Hom gevra het.” Met dank aan: Herman du Plessis Mag ons die Paasnaweek moeite doen om by ons geliefdes uit te kom. Mag jy opoffer, soos Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Geseënde Pase Bronne: Kruispad

[close]

p. 8

AGT Dankie Jacques vir die lug foto van Sionbergh. Ons het ‘n heerlike en rustige kamp gehad, so bietjie reen, maar verder lekker sonskyn. Ons het lekker saam gekuier, geeet en speletjies gespeel. Sionbergh is ‘n kwaliteit kamp terrein, ons het nie probleme gehad behalwe vir Eskom wat ons in die steek gelaat het nie. Dankie Sionbergh vir jou lieflike ontvangs, 3 groepe is nie ‘n speletjie om te huisves nie.

[close]

p. 9

NEGE Ons het weereens ‘n heerlike Presidente saamtrek gehad, dankie vir almal wat daar was. Ons 2 verjaarsdag maats Neels en Andre het lekker gekuier. Dankie aan Mike en Danita wat op no 99 besluit het hulle wil ook kamp. Dit was lekker om saam julle te kuier. Ons jong span het Vaalrivier se naam hooggehou by die Boeresport en WEEREENS met die trofee weggeloop.

[close]

p. 10

TIEN 2 Maart ~ Eileen Bezuidenhoudt 14 Maart ~ Henry Hartslief 14 Maart ~ Estelle Kriel 14 Maart ~ Marten van Wyk 15 Maart ~ Clarise Jacobs 15 Maart ~ Neels Kriel 15 Maart ~ Zandry van Rooyen 17 Maart ~ Melani Human 17 Maart ~ Jaco Redelinghuis 20 Maart ~ Eugene Erasmus 22 Maart ~ Cherrys Human 27 Maart ~ Neels Otto 29 Maart ~ Dries van der Linde 28 Maart ~ Andre van Niekerk 31 Maart ~ Marius van Niekerk 4 April ~ Annetjie Kloppers 4 April ~ Louise van der Linde 10 April ~ Garath Ferreira 13 April ~ Tressa van As 16 April ~ Henriette Haasbroek 16 April ~ Tiaan Mong 18 April ~ Rassie van der Merwe 21 April ~ Reney Connoway 23 April ~ Charles Luff 30 April ~ Petro van Niekerk 5 Maart ~ Ricardo Grobler 5 Maart ~ Jayden Erasmus 6 Maart ~ Saartjie Kellerman 6 Maart ~ Zanmarie Connoway 7 Maart ~ Dewald van Wyk 17 Maart ~ Anika van Rooyen 19 Maart ~ Tenike Pelser 4 April ~ Saskia Redelinghuis 4 April ~ Mikayla Duvenage 9 April ~ Jorden Erasmus 9 April ~ Rochelle Kloppers 24 April ~ Declan Botha 1 Maart ~ Frans & Miemie v d Linde 2 Maart ~ Japie & Janette Pelser 5 Maart ~ Marcel & Carine Van In 7 Maart ~ Lourens & Janette Hirschorn 28 Maart ~ Jacques & Lizelle van Zyl 4 April ~ Hennie & Henriette Haasbroek 7 April ~ Ehrhard & Annelien Arendt 9 April ~ Kobus & Barbara Kamfer 26 April ~ At & Martie Roux 27 April ~ Fanie & Ansan Bezuidenhoudt

[close]

p. 11

ELF Eendag merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Dit was oortrek met name en daar was klein landsvlaggies weerskante. Toe loop die dominee nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies: "Goeiemore my seun." "Môre, Dominee," sê hy, met sy oë nog vasgenael op die plaat. "Dominee, wat is dit hierdie?" vra hy. Die dominee antwoord: "Wel, my seun, dit is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in die diens gesterf het." In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name. Uiteindelik, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, Dominee? Die oggend- of die aanddiens?"

[close]

p. 12

TWAALF BRONNE: Wegsleep Selfdoen gids

[close]

p. 13

DERTIEN CHILI CON CARNE Bestanddele Rissiepasta 2 eetlepels rissiepoeier 1 eetlepel fyn komyn 1 eetlepel gedroogde orego 1 teelepel fyn koliander 1 teelepel gedroogde tiemie 3 eetlepels water Chili con carne 2 eetlepels olyfolie 500g maalvleis 1 ui, opgekap 3 knoffelhuisies, fyngemaak 2 rooi soetrissies ½ koppie water 1 blikkie heel tamaties 1 eetlepel suurlemoensap 1 eetlepel bruinsuiker 1 teelepel sout peper na smaak 1 blikkie nierboontjies Vir opdiening 1 klein kropslaai, gesnipper 1 koppie kaas, gerasper 1 pakkie tacos of wraps Metode Meng al die bestandele van die rissiepaste saam Verhit olie in kastrol. Voeg maalvleis by, braai tot amper bruin en voeg dan die uie, knoffel en rooi soetrissies by. Sodra die ui deurskynend raak, gooi die rissiepasta by. Roer vir vier minute op hoë hitte. Voeg die water by en laat dit prut vir 10 minute oor lae hitte. Voeg die tamaties, suurlemoensap, bruinsuiker, sout en peper by. Laat dit prut vir 'n verdere 20 minute. Dreineer die nierboontjies en voeg dit by. Roer goed en laat die boontjies warm word. Bedien in tacos of wraps met kaas en slaai.

[close]

p. 14

VEERTIEN Adres: 1 Agtste Str, Springs, 1560 GPS Koordinate: 26°15'46. 28°29'01 In die rustigheid van Springs kan jy gaan uitspan by die pragtige Stable Inn, ook bekend as Bush Inn. Met 24 uur sekuriteit kan jy die saligheid van die natuur indrink. Die oord het +/- 50 staanplekke waarvan 21 plaveisel staan plekke is en daar is baie staanplek rondom die dam met welige groen wilge bome. Vir die visvang geesdriftiges is daar 4 damme om jul besig te hou; hul werk op die “catch & release” sisteem. Die oord het 3 swembaddens waarvan een onderdak warm is. Kinders is welkom om met hul fietse in die oord te ry. Stilsit is dalk ‘n opsie maar nie vir die Volley Ball & Jukskei geesdriftiges nie en daar is ‘n klimraam in die parkie vir die kinders. Die winkel bevat net die nodige. Die 2 ablusie blokke is pragtig uitgeteel en word deurgaans skoongehou, ‘n groot opwas kamer is tot jou beskikking. Kostes vir groepe van 10 of meer is: R120/nag vir 2 persone R50/nag vir ekstra persoon en R20/nag vir ekstra voertuig. Groepe minder as 10 is: R150/nag vir 2 persone R50/nag vir ekstra persoon en R20/nag vir ekstra voertuig. Langnaweke en skool vakansies: R200/nag vir 2 persone R50/nag vir ekstra persoon en R20/nag vir ekstra voertuig. Skakel gerus vir Bert & Annette Pretorius op 082 449 0853 of 083 449 4598

[close]

p. 15

VYFTIEN Kamp datum 21 – 23 August 2015 30 Okt – 1 November 2015 27 – 29 November 2015 Oord Koppisol AJV (100%) Malonjeni (100%) Koppisol (100%) 35ste Verjaarsdag & Kerskamp Adres Ou Johannesburg weg, De Deur Heidelberg pad, tussen Vereeniging & Heidelberg Ou Johannesburg weg, De Deur 15 – 17 Januarie 2016 5 – 7 Februarie 2016 26 – 28 Februarie 2016 25 – 28 Maart 2016 29 April – 2 Mei 2016 27 – 29 Mei 2016 16 – 19 Junie 2016 Wesvaal (100%) Bush Inn Oop NUB Vlakfontein, N1, Parys (Vrystaat) Springs Heidelberg pad, tussen Meyerton & Heidelberg Rothdene, Meyerton Sionbergh (100%) Presidente Klipdraai Presidente tel as Joker Soetdoring (100%) Weesgerus Amigo’s (Verander na Emanzini Oord) S 27° 26’ 36.966” E 29° 10’ 29.61” 50 Taaibos ln, Lenteland, Vereeniging E 24°40' 792 S 28°23' 145 29 – 31 Julie 2016 26 – 28 Augustus 2016 23 – 25 September 2016 28 – 30 Oktober 2016 25 – 27 November 2016 Klipdraai (100%) Koppisol AJV Koppisol Nasionaal Beach Club Sionbergh Rothdene, Meyerton Ou Johannesburg weg, De Deur Ou Johannesburg weg, De Deur S 26°45’451 E 27°52’028 Heidelberg pad, tussen Meyerton & Heidelberg 100% Bywonging vir 2015 - 2016 strek vanaf Koppisol AJV Augustus 2015 tot en met Klipdraai Julie 2016

[close]

Comments

no comments yet